Streeksoorsig
Noordelike Provinsies
Pak verloop glad terwyl gunstige weerstoestande ervaar word. Die meerderheid van produsente in die streek is klaar met die pak van vroeë kultivars soos Prime Seedless en Grapaes (Early Sweet). Dit het sporadies gereën, met geen tot geringe invloed op die oes. Die volgehoue koeler nagtemperature wat help met kleurontwikkeling word verwelkom.
Oranjerivier Streek
Die streek se goeie begin duur voort, behalwe dat suiker ontwikkeling stadiger is as wat verwag word. Die kwaliteit en vrugte grote is op standaard. Geen probleme word met kleurontwikkeling ervaar nie. Die pak van vroeë kultivars in die streek is aan die gang en mag dalk binne die volgende twee weke voltooi word.
Olifantsrivier Streek
Weerstoestande in die streek is tans goed. Red Globe en Tawny was effens beskadig as gevolg van hoë temperature wat twee weke gelede skielik gestyg het. Dit het nie die streek geraak nie, want volumes keer weer terug na normaal na die droogte van die vorige seisoen. Sekere gebiede binne die streek ervaar lae suiker in die druiwe terwyl die warm weer wat voorspel word 'n positiewe impak hierop sal laat.
Die Bergrivier en Hexrivier Streke het nog nie begin pak nie, maar gunstige weerstoestande word ervaar. Die ontwikkeling van druiwe blyk gesond en in die algemeen op standaard te wees.
|