Copy
Wat is JOU planne vir 2017?
View this email in your browser

Totsiens 2016 ... Welkom 2017!

En daar is nog 'n jaar verby! Dit was vir baie van ons 'n uiters uitdagende jaar waarin dit al hoe moeiliker geword het om kop bo water te hou. Maar daar was ook baie hoogtepunte. Ons besoekers en kliënte was baie tevrede met ons GRATIS eboek en ons het besondere goeie terugvoer ontvang. LEES MEER 

Regmerk.co.za het baie gegroei en ons het nou al amper 1000 gereelde Nuusbrief lesers! Baie dankie vir JOU ondersteuning. 

Hier is ons planne vir 2017:

Die ENGELSE weergawe van ons GRATIS Eboek is uiteindelik beskikbaar en kan nou afgelaai word vanaf ons nuwe webblad ... Tickmark.co.za

Ek het die "English Version" bietjie vetter gemaak as die Afrikaanse ene en het selfs al die antwoorde van die werkkaarte ingesluit. Baie van die vrae is oorgedoen en verander. Ek stel voor dat jy dié FREE EBOOK ook vir jou leerder(s) aflaai. Ek voel dis nogal belangrik dat ons kinders die Afrikaanse EN Engelse woordeskat in wiskunde leer.

Dan is ek ook amper klaar met die volledige ENGELSE weergawe van Werkkaartpak 1 (nou herdoop na "Wiskunde Werkkaarte Pakket vir graad 7, 8 en 9 leerders"). Dit sal binne die volgende week of twee gepubliseer word. Ons sal jou laat weet sodra dit gereed is om te download. Dit sal dieselfde kos as die Afrikaanse weergawe.

Ek werk volgende aan die boekies vir leerders in graad 7 en 9. Dit neem langer as wat ek gedink het, maar ek belowe dat dit die moeite werd sal wees wanneer dit gereed is.

Intussen het ek ook ons aflaaiblad opgedateer met 'n oefen-eksamen met memorandum wat jou seun/dogter in graad 9 kan deurwerk as hersiening. Gaan kyk gerus hier.

Ek hoop dat 2017 vir jou en jou leerders/kinders 'n wonderlike nuwe jaar sal wees vol seëninge en sukses.

Beste wense vir 'n VOORSPOEDIGE NUWE JAAR!

Groete,

Lourens Breytenbach


 

Laat weet my gerus wat jou planne vir die nuwe jaar is! Stuur vir my 'n boodskap by info@regmerk.co.za of kliek hier ...

Copyright © 2016 Regmerk.co.za, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list

Email Marketing Powered by Mailchimp